
Onderwys met liefde!
waar almal deel is en saak maak
Welkom by Tjokkerland
By Tjokkerland kleuterskool is die dag vol pret en plesier! Met ‘n voldagprogram is daar pret met lessies, liedjies en rympies om te leer, water, sand, speelgoed en maatjies om mee te speel. Ook is daar lekker uitstappies, verjaardae, Moeder– en Vadersdae wat ons saam vier.
Ons het uitstekende personeel wat selfs meer intensiewe voorbereiding doen sodat ons die beste sorg en stimulering vir die kleuters kan bied. Jou kind se behoeftes is vir ons baie belangrik en ons streef om hul die beste omgewing moontlik te skep. Die belangrikste is dat almal wenners is hier!
Ons het selfs al ‘n paar toekennings!

Wat kan jy verwag by Tjokkerland?
Opgeleide personeel met ‘n hart vir kinders.
Opvoedkundige temas word weekliks hanteer en maak ons seker dat jou kind pret het terwyl hulle leer.
Twee jaarliks hou ons konsert en ons maaitjies sien altyd baie uit daarna.
Tjokkers kry lekker gekookte pap in die oggend asook ‘n middagete.
Ons maaitjies geniet die klimrame en speelgrond, wat deur ons personeel onder wakende oog gehou word.